Groenkerriehoender met groente.
4 porsies
Bestanddele
410 g (1 blik) klappermelk
30 ml (2 e) gekoopte Thaise groenkerriepasta
8 hoenderstukke
sout en peper
2 selderystingels, fyngekap
6 wortels, in dik skyfies gesny
125 g (½ pakkie) sampioene, gehalveer
440 g (1 blik) heel pitmielies, gedreineer
12 klein aartappels, gewas en gehalveer
5 ml (1 t) sojasous
5 ml (1 t) bruinsuiker
5 ml (1 t) mielieblom
Metode
1 Meng klappermelk en groenkerrie en gooi in groot kastrol.
2 Voeg hoenderstukke by en geur met sout en peper.
3 Plaas pot se deksel op en laat prut vir 20 min. oor lae hitte.
4 Voeg seldery, wortels, sampioene, pitmielies en aartappels by en laat prut nog 40 min.
5 Maak sojasous, bruinsuiker en mielieblom tot pasta aan en roer by gereg in.
6 Plaas deksel terug en laat prut nog
8 min. of tot sous verdik is.
As jy ’n heerlike tuisgemaakte bredie voorsit, sal die winterkoue soos mis voor die son verdwyn