Tobie Cronjé is een van die bekendste en geliefste gesigte op die kassie en verhoog. Hy deel sy resep vir ’n heerlike glutenvrye koek met ons
1 koek
Bestanddele
3 ekstragroot eiers
125 ml (½ k) witsuiker
125 ml (½ k) kanola-olie
125 ml (½ k) kekerertjiemeel
125 ml (½ k) rysmeel
166 ml (2/3 k) glutenvrye mielieblom (maizena)
5 ml (1 t) koeksoda
250 ml (1 k) piesangmoes
250 ml (1 k) wortels, grofgerasper
50 g (½ pakkie) okkerneute, gekap
appelkooskonfyt na smaak
VERSIERSUIKER
50 ml (3 e + 1 t) klapperolie
125 ml (½ k) versiersuiker
15 ml (1 e) droë sojamelkpoeier
bietjie pistasieneute, grofgekap (opsioneel)
LEES OOK: Glutenvrye piesang-en-sjokolade-muffins
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Smeer twee ronde koekpanne van 20 cm deursnee met klapperolie. Klapperolie sorg dat die koek bros aan die buitekant is.
- Klits eiers en suiker saam tot liggeel. Roer olie by. (Jy kan minder suiker gebruik indien verkies.)
- Sif kekeretjiemeel, rysmeel, glutenvrye mielieblom en koeksoda saam.
- Roer gesifte meelmengsel by eiermengsel.
- Roer piesangmoes, wortels en okkerneute by beslag.
- Skep beslag in koekpanne en bak vir 25 minute of tot gaar.
- Keer koeke op afkoelrakkie uit tot heeltemal afgekoel.
- Smeer appelkooskonfyt tussen koeklae soos verkies.
- Versiersuiker Meng klapperolie, versiersuiker en sojamelkpoeier tot dikkerige, maar lopende versiersuiker en smeer oor koek. As ’n dikker versiersuiker verkies word, kan nog versiersuiker bygevoeg word.
- Sprinkel pistasieneute oor vir afronding.
Hierdie resep is vir my ’n wenner omdat ek nie gewoonlik koek kan eet nie. Ek is allergies vir gluten en suiwel. Ek kan my sonder enige reperkussies aan hierdie koek vergryp