Ongeveer 24 pannekoeke
Bestanddele
500 ml (2 k) water
250 ml (1 k) volroommelk
3 ekstragroot eiers
125 ml (½ k) olie
625 ml (2½ k) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
3 ml sout
Kaneelsuiker
30 ml (2 e) fyn kaneel
250 ml (1 k) suiker
Metode
1 Klits water, melk en eiers met elektriese klitser saam tot gemeng. Klits olie by.
2 Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam.
3 Gooi bietjie van geklitste melkmengsel by gesifte meelmengsel en klits tot glad. Voeg bietjies van oorblywende geklitste melkmengsel by meelmengsel en roer elke keer goed voor jy nog byvoeg.
4 Laat staan 30 minute in yskas voor gebruik.
5 Verhit braaipan tot goed warm en gooi net ‘n druppel olie daarin.
6 Skep ongeveer 60 ml (4 e) in pan en bak pannekoek tot borrels begin vorm.
7 Keer pannekoek om en bak ongeveer 40 sekondes aan anderkant.
8 Skep uit op groot bord. Plaas deksel bo-op en hou tot benodig.
9 Kaneelsuiker Meng kaneel en suiker tot gemeng.
10 Sprinkel genoeg kaneelsuiker oor pannekoeke. Rol op en sit saam met suurlemoenskyfies voor indien verkies.