6 porsies
Bestanddele
6 groot tamaties
VULSEL
500 ml (2 k) gaar bruinrys
400 g (1 blik) keker-ertjies, gedreineer
1 selderystingel, fyn gekap
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
½ komkommer, in lengte gehalveer, ontpit en in skyfies gesny
45 ml (3 e) sultanas
1 wortel, fyn gekap
2 grasuie, gekap
SOUS
60 ml (4 e) appelsap
15 ml (1 e) suurlemoensap
15 ml (1 e) olyfolie
15 ml (1 e) heuning
15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap
pas gemaalde swartpeper
Metode
1. Sny tamaties se steeltjiegedeelte uit. Sny elke tamatie in ses stukkies, maar moenie tot onder deursny nie. Plaas elke tamatie op individuele bord.
2. Vulsel: Meng bestanddele vir vulsel.
3. Sous: Meng bestanddele vir sous en roer by bestanddele vir vulsel tot gemeng.
4. Skep vulsel in elke tamatie en sit dadelik voor.