Hierdie soutpoffertjies kan teetyd lekker opkikker!
16 poffertjies
250 ml (1 k) water
100 g (1/5 blok) botter
250 ml (1 k) koekmeel
knypie sout
5 eiers
VULSEL
250 g (1 pakkie) spek, gaar en gekap
handvol vars kruie, fyngekap
knypie swartpeper of rooipeper
125 ml (½ k) goudakaas, fyngerasper
187 ml (¾ k) geroomde maaskaas
20 ml (4 t) volroommelk
30 ml (2 e) mayonnaise
30 ml (2 e) natuurlike jogurt
Stel oond op 200 °C.
- Plaas water en botter in kastrol en verhit tot kookpunt.
- Meng koekmeel en sout en roer vinnig by inhoud in kastrol tot bal vorm. Dit moenie meer aan kante of bodem van kastrol vasklou nie.
- Haal kastrol van hitte af en laat bietjie afkoel.
- Klits eiers. Voeg bietjies van geklitste eiers op ’n slag by terwyl jy roer.
- Voeg net genoeg geklitste eiers by om dik deeg te vorm. As daar eier oorbly, kan jy dit weggooi.
- Voer bakplaat met bakpapier uit en spuit met kossproei.
- Skep teelepels vol beslag op bakplaat.
- Bak vir 25 minute. Steek klein gaatjie in onderkant of sykant van poffertjie en plaas vir nog 10–15 minute terug in oond sodat poffertjies kan uitdroog.
- Vulsel Meng bestanddele vir vulsel.
- Skep vulsel in spuitsak sonder spuit en vul poffertjies.
- Sit dadelik voor, anders raak poffertjies pap.