Slaan iets nuuts aanmekaar met maalvleis
BESTANDDELE
Pannekoek (ongeveer 12)
500 ml(2 k) koekmeel
2 ml sout
2 ekstragroot eiers
187 ml (¾ k) water
187 ml (¾ k) volroommelk
Maalvleis
bietjie olie
1 ui, fyn gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
600 g maalvleis
15 ml (1 e) pietersielie, fyngekap
5 ml (1 t) sout
knypie peper
410 g (1 blik) gekapte tamaties
30 ml (2 e) tamatiepuree
10 ml (2 t) bruinsuiker
60 ml (4 e) rooiwyn
METODE
1 Pannekoek Sif koekmeel en sout saam. Klits eiers, water en melk saam en roer by meelmengsel tot gladde deeg.
2 Verhit braaipan tot goed warm met druppel olie in en skep ongeveer 60 ml (4 e) van pannekoekvulsel in braaipan.
3 Bak pannekoek tot goudbruin. Draai om en bak ander kant.
4 Doen dieselfde met oorblywende pannekoekmengsel. Hou pannekoek warm terwyl maalvleis gemaak word.
5 Maalvleis Verhit olie en soteer ui en knoffel tot sag. Voeg sampioene by en soteer vir nog vyf minute.
6 Voeg maalvleis by en soteer tot verbruin. Voeg oorblywende bestanddele by en prut oor lae hitte vir ongeveer 20 minute tot meeste vloeistof afgekook het.
7 Skep maalvleis in pannekoek en rol op.
8 Sit warm voor.