Met hoender in die vrieskas kan jy sommer vinnig ’n lekker gereg maak
Bestanddele
4 hoenderborsies
bietjie knoffelsout
swartpeper na smaak
4 skyfies ham
4 skyfies mozzarellakaas
125 g (¼ pak) botter, gesmelt
250 g (½ pak) fillodeeg
4 stukkies tou
4 hoenderborsies
bietjie knoffelsout
swartpeper na smaak
4 skyfies ham
4 skyfies mozzarellakaas
125 g (¼ pak) botter, gesmelt
250 g (½ pak) fillodeeg
4 stukkies tou
Metode
1 Plaas hoenderborsies tussen twee lae kleefplastiek en kap met vleishammer tot orals ewe dik.
2 Sprinkel bietjie knoffelsout en swartpeper oor oopgevlekte hoenderborsies.
3 Plaas opgevoude ham en skyfie mozzarellakaas in hoenderborsie.
4 Vou hoenderborsie dubbel.
5 Verf twee velle fillodeeg met gesmelte botter en sny in helfte sodat jy vier dele het.
6 Vou elke hoenderborsie in stukkie fillodeeg toe, sodat hoenderborsie mooi bymekaar gehou word.
7 Verf hele vel fillodeeg met botter en vou dit om hoenderpakkie sodat dit punte aan bokant maak. Bind met stukkie tou vas.
8 Plaas hoenderpakkie op gesmeerde bakplaat en verf weer van gesmelte botter bo-oor
9 Verf nog drie fillodeegvelle met botter en doen dieselfde met oorblywende hoenderpakkies.
10 Bak vir 22 tot 25 minute tot goudbruin bo-op.
11 Hou fillodeeg dop en indien dit te donker raak kan foelie bo-op geplaas word.
12 Sit saam met slaai en klein aartappeltjies voor.