
Het jy al ooit probeer om gevulde druiweblare vir jou gaste te maak?
4 porsies
Bestanddele
250 ml (1 k) gaar witrys
bietjie olie 1 ui, fyngekap
1 wortel, grofgerasper
80 ml (1/3 k) vars pietersielie, fyngekap
2,5 ml (½ t) vars ment, fyngekap
2 tamaties, afgeskil en in klein blokkies gesny
30 ml (2 e) olyfolie sout en peper
knypie rooipeper
knypie fyn komyn
knypie paprika
knypie sumac
24 gepekelde druiweblare
Metode
- Verhit olie en braai ui tot sag. Voeg wortel by en braai effe. Haal van hitte af.
- Roer res van bestanddele, behalwe druiweblare, by.
- Skep teelepel vol aan onderkant van druiweblaar.
- Rol tot halfpad, vou kante na binne en rol verder.
- Sit blare in braaipan en gooi bietjie water by.
- Kook vir 10–15 minute of tot water geabsorbeer is.
