Warm weer en seekos loop saam. Maak hierdie gevulde calamari!
4 porsies
Bestanddele
Vulsel
160 ml (2/3 k) droe broodkrummels
3 sirkels feta, gekrummel
15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap
10 ml (2 t) vars basiliekruid, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
1 suurlemoen se skil
1 kg calamari-buisies
45 ml (3 e) botter
paar druppels vars suurlemoensap
sout en peper
Maak ook heirdie lekker calamarislaai
Metode
- Meng alles vir vulsel saam.
- Stop vulsel in calamari en steek met tandestokkie toe.
- Braai in botter vir paar minute tot calamari begin verbruin. Draai gereeld. Sprinkel met suurlemoensap en geur met sout en peper.