Kuier die paasfees saam rondom goeie kosKuier die paasfees saam rondom goeie kos
• 6 tot 8 porsies
Bestanddele
1 Liter (4 k) aarbeie, gehalveer, gevries
15 ml suurlemoensap
60 ml heuning
125 ml bulgaarse jogurt
Metode
1 Plaas bestanddele in voedselverwerker en versap vir ongeveer vyf minute tot romerig.
2 Plaas in vrieskas in verseëlbare bak tot benodig.
3 Sit voor soos verkies.
