Maak ’n gesellige gekookte ete vir die man in die huis
- 6 porsies
Bestanddele
2–2,5 kg skaapboud
60 ml (¼ k) appelasyn
45 ml (3 e) heuning
1 ml paprika
5 ml (1 t) fyn koljander
5 ml (1 t) sout
1 ml swartpeper
1 lourierblaar
3 vars roosmaryntakkies
2 vars knoffelbolle, horisontaal gehalveer
12 klein uitjies, geskil
125 ml (½ k) water
Om sous te verdik
250 ml (1 k) skaapboudaftreksel
7,5 ml (1½ t) mielieblom
Metode
Stel oond op 100 °C.
- Spoel skaapboud met water af en plaas in kasserolbak.
- Meng appelasyn, heuning, paprika, koljander, sout en peper. Smeer mengsel oor hele skaapboud en plaas terug in kasserolbak.
- Plaas lourierblaar, roosmaryn, knoffelhuisies en uitjies in kasserolbak. Voeg 125 ml (½ k) water by en plaas deksel op.
- Plaas oornag of vir agt ure in oond tot murgsag.
- Gooi sowat 1 k aftreksel uit kasserolbak.
- Maak mielieblom met klein bietjie van aftreksel aan tot gladde pasta. Meng oorblywende afreksel by. Indien jou aftreksel meer is, pas mielieblom aan.
- Verdik sous vir twee minute in mikrogolf. Roer gereeld. Giet terug in kasserolbak.
- Plaas terug in oond. Rooster skaapboud onder roosterelement van oond tot ligbruin bo-op.
- Plaas kasserol se deksel op en laat staan in warm oond wat na 60 °C verlaag is tot opdiening.