’n Baie lekker en maklike resep vir ’n geurige riboog
4–6 porsies
Bestanddele
8 stukke riboog-biefstuk (ribeye steak)
varsgemaalde swartpeper
growwe sout
30 ml (2 e) botter
bietjie olie
80 ml (1/3 k) soet witwyn
125 ml (½ k) room
Maak ook ribtjops met beet-en-ment-pesto
Metode
- Rol biefstuk in peper-en-sout-mengsel
- Smelt botter en olie en braai vleis daarin tot verkose gaarheid. Verwyder van pan.
- Giet wyn by en laat afkook tot helfte verdamp. Voeg room by en kook tot sous verdik.
- Bedien met kapokaartappels.