Hier is een van ons vyf resepte vir besige weeksaande.
Kry die res in ons 18 Julie-uitgawe.
4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, gekap
600 g beesvleisblokkies of beesvleisrepies
bietjie sout en peper
60 g (1 pakkie) bruinuiesoppoeier
375 ml (1½ k) kookwater
60 ml (4 e) blatjang
45 ml (3 e) tamatiepuree
330 ml (1 blikkie) Coke
Metode
- Verhit olie en soteer ui tot sag. Skep ui in prutpot.
- Verhit nog olie indien nodig en braai beesvleisblokkies tot net begin verbruin en skep by uie in prutpot.
- Sprinkel sout en peper oor. (Nie te veel sout nie, want soppoeier bevat reeds baie sout.)
- Meng bruinuiesoppoeier en water tot gemeng. Roer blatjang, tamatiepuree en Coke ook by tot gemeng.
- Voeg by vleis in prutpot en laat kook vir vier uur op hoog in prutpot.
- Sit saam met kapokaartappels en groente voor.
Klik hier vir ‘n volledige lys bestanddele vir al vyf resepte.