4 porsies
Bestanddele
600 g beesvleisblokkies
30 ml (2 e) koekmeel
20 ml (4 t) garam masala
10 ml (2 t) jeera
5 ml (1 t) sout
klont botter
2 uie, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
5 ml (1 t) borrie
2,5 ml (½ t) fyn gemmer
1 ml rooipeper
30 ml (2 e) tamatiepasta
437 ml (1¾ k) water
15 ml (1 e) heuning
250 ml (1 k) room
Metode
- Meng koekmeel, garam masala, jeera en sout saam in bakkie. Rol beesvleisblokkies daarin tot goed bedek.
- Verhit botter en soteer uie en knoffel daarin tot sag. Skep uit en hou eenkant.
- Voeg nog botter by indien nodig en braai beesvleisblokkies bietjies op ‘n slag totdat dit begin verbruin.
- Skep terug in kastrol, skep klaar gebraaide uie by en voeg borrie, gemmer en rooipeper by. Roerbraai vir nog twee minute.
- Meng tamatiepasta en water en voeg by vleisblokkies. Plaas deksel op en laat vir een uur stadig prut.
- Meng bietjie van vloeistof in kastrol met 10 ml (2 t) mielieblom tot gladde pasta. Giet terug in kastrol sodat sous kan verdik. Roer heuning by.
- Roer room by en laat prut weer tot deurwarm.
- Sit saam met basmatirys voor.