Jou mense is honger en jou tyd is min, probeer dié vinnige en maklike wenresep
• 4 porsies
Bestanddele
80 ml (1/3 k) olyfolie
5 ml (1 t) knoffel, gekap
125 ml (½ k) sojasous
80 ml (1/3 k) blatjang
knypie rooipeper
knypie fyn gemmer
30 ml (2 e) heuning
15 ml (1 e) witasyn
knypie sout en peper
16 hoendervlerkies
Metode
Stel oond op 180 °C.
1 Meng bestanddele saam, behalwe hoendervlerkies.
2 Plaas hoendervlerkies in vlak oondbak en gooi sous oor.
3 Bedek met foelie. Bak vir 25 minute of tot hoendervlerkies gaar is.
4 Plaas onder oond se roosterelement en rooster tot hoendervlerkies goudbruin aan albei kante is.
5 Sit voor saam met klein aartappels en groen slaai.