8 porsies
Bestanddele
SOUS
820 g (1 groot blik) gekapte tamaties
75 ml (5 e) bruinsuiker
60 ml (4 e) blatjang
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
knypie knoffelsout
sout en peper na smaak
30 ml (2 e) Bisto
90 ml (6 e) water
20 ml (4 t) Dijon-mosterd
30 ml (2 e) Worcestershiresous
60 ml (4 e) rooiwynasyn
VLEIS
2 kg ontbeende beesstuk (effens vetterig)
Metode
1. Sous: Meng bestanddele vir sous goed.
2. Vleis: Plaas vleisstuk in prutpot en gooi sous bo-oor.
3. Plaas deksel op en laat kook vir agt uur op lae hitte.
4. Haal vleisstuk uit prutpot en sny in skywe. Plaas vleisskywe terug in prutpot en laat nog een uur kook..