Pick ’n Pay bring die beste straatkos na jou kombuis. Dis ideaal as jy haastig is, maar lus het vir iets geurigs en ligs
As jy vir jouself of jou gesin kook, is die prettige deel daarvan om daai ietsie ekstra by die dis te voeg. Soos om ’n paar ekstra speserye by jou roerbraai te voeg; mayonnaise op jou warmbrak te sit vir ’n pikante smaak; of selfs om rissies te gebruik om jou spaghetti bolognese oemf te gee.
Pick ’n Pay bied ’n verskeidenheid souse, speserye en geurmiddels om jou disse ekstra spesiaal te maak.
Krakerige Thaise Noedelslaai
4 porsies
SOUS
60 ml (¼ k) PnP-soetrissiesous
45 ml (3 e) sojasous
15 ml (1 e) PnP-brandrissie
15 ml (1 e) PnP-knoffel
15 ml (1 e) PnP-gemmer
SLAAI
4 x 75 g-PnP-kitsnoedels (brandrissiegeur)
2 PnP-wortels, in repies gesny
1 PnP-komkommer, in repies gesny
1 PnP– rooi soetrissie, in repies gesny
2 PnP-murgpampoentjie, in repies gesny
1 PnP– klein rooi kool, in repies gesny
50 g PnP-boontjiespruite
30 ml (2 e) sesamsaad
- Sous Gooi soetrissiesous, sojasous, brandrissie, knoffel en gemmer in klein kastrol. Prut vir 5 minute oor lae hitte. Hou eenkant om af te koel.
- Slaai Maak die noedels volgens die aanwysings op die pakkie. Hou eenkant om af te koel.
- Meng wortels, komkommer, soetrissie, murgpampoentjie, kool en boontjiespruite in ’n groot slaaibak. Gooi noedels by.
- Sprinkel sesamsaad oor en bedien met sous.
WENK: Maak die slaai meer vullend. Braai 2 hoenderfilette, in repies gesny in 30 ml olyfolie, geur met sout en meng deur die slaai.
Souse is ’n moet
Of jy nou gek na mayonnaise, ’n peri-peri-verslaafde of ’n blatjangliefhebber is, Pick ’n Pay het die regte sous om jou disse interessant te hou en jou anderste smaak te bevredig. Jy kan PnP– peri-peri-sous by omtrent enige maaltyd voeg om dit ’n lekker byt te gee. En jy het net die sensasionele soet smaak van PnP-blatjang nodig as jy ’n kerrie geniet. En natuurlik, die goeie ou PnP-mayonnaise.
Dit gaan oor die speserye
Speserye is inderdaad geur vir die lewe! Neem enige vervelige dis, voeg ’n bietjie PnP-cayennepeper en PnP-oreganum daarby en voila, jy het jou dis getransformeer. Pick ’n Pay het ’n reeks speserye wat enige maal in ’n smaakontploffing sal verander.