Wat is nou lekkerder as ’n heerlike vrugtige koue nagereg op ’n warm dag?
8 porsies
Bestanddele
4 groot mango’s, geskil en in bloke gesny
15 ml (1 e) gelatien
400 ml (1 blik) klappermelk
250 ml (1 k) suiker
250 ml (1 k) Griekse jogurt
BOLAAG
1 mango, geskil en in klein blokkies gesny
Mentblaartjies
Metode
- Verpulp mangoblokke tot so glad as moontlik met staafmenger om 750 ml (3 k) mangopulp te kry.
- Roer gelatien by ongeveer 60 ml klappermelk om te spons.
- Verhit oorblywende klappermelk en suiker in kastrol. Verwyder van hitte. Roer gesponste gelatienmengsel daarby tot opgelos.
- Roer jogurt by klappermelkmengsel. Roer verpulpte mango by. Meng goed.
- Verdeel tussen glasbotteltjies of bakkies en plaas in yskas tot gestol.
- Bolaag Skep mangoblokkies en ment bo-op en sit voor.