Somer is nie somer sonder heerlike soet vrugte nie!
6 porsies
Bestanddele
1 60 g (2 x 80 g-pakkies) grenadellajellie
30 ml (2 e) gelatien
500 ml (2 k) kookwater
397 g (1 blik) kondensmelk
250 ml (1 k) room
VIR BO-OOR
115 g of 125 ml (½ k) grenadellapulp
10 ml (2 t) mielieblom
Metode:
- Meng jelliepoeier en gelatien in glasbak.
- Voeg kookwater by en roer tot helder.
- Roer kondensmelk by. Plaas in yskas vir 10 minute sodat dit gouer kan afkoel.
- Klits solank room styf.
- Vou room by afgekoelde jelliemengsel in. Skep in glastertbak van 20 cm.
- Plaas vir vyf uur in yskas tot goed gestol.
- Vir bo-oor Roer bietjie water by mielieblom om pasta te vorm. Roer by grenadellapulp in kastrol. Verhit oor matige hitte tot verdik.
- Laat bietjie afkoel en skep oor tert.