Ervaar die somer met die soet geur van druiwe met hierdie gestolde druiwekoek
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
12 porsies
Bestanddele
KORS
200 g (1 pakkie) Tennis-koekies
60 ml (4 e) botter, gesmelt
VULSEL
360 g (1 blik) kondensmelk
125 ml (½ k) suurlemoensap
250 g (1 bakkie) roomkaas
250 ml (1 k) groendruiwe-vrugtesap
20 ml (4 t) gelatien
DRUIWELAAG
250 ml (1 k) groendruiwe-vrugtesap
250 ml (1 k) groen druiwekorrels, gehalveer
10 ml (2 t) gelatien
Metode
- Kors Kap koekies fyn in voedselverwerker en roer gesmelte botter by.
- Druk op bodem van ronde losboomkoekpan met 20 cm-deursnee vas.
- Vulsel Meng kondensmelk en suurlemoensap. Roer roomkaas by.
- Sprinkel gelatien oor 60 ml (4 e) druiwesap en laat eenkant om te spons.
- Verhit res van vrugtesap in mikrogolf tot warm, maar nie kokend nie. Roer gesponste druiwegelatien daarby in tot gelatien oplos.
- Roer druiwegelatienmengsel by roomkaasmengsel.
- Giet mengsel bo-op koekiekors en plaas in yskas om te stol.
- Druiwelaag Spons gelatien in 45 ml (3 e) druiwesap. Verhit oorblywende druiwesap tot warm, maar nie kokend nie. Roer gesponste gelatien by warm druiwesap tot gelatien oplos.
- Laat mengsel bietjie afkoel. Roer druiwe by en giet oor vulsel.
- Plaas in yskas tot druiwelaag gestol is.
- Wikkel koekpan los en plaas op opdienbord. Sit in skywe voor.