Warm dae vra vir koel poedings. Probeer dié maklike een
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
Foto ANDREA CALDWELL
6 porsies
1 60 g (2 x 80 g-pakkies)
aarbeijelliepoeier
10 ml (2 t) gelatien
375 ml (1½ k) kookwater
500 ml (2 k) koue water
5 00 ml (2 k) aarbeie, skoongemaak
en gehalveer
OM OP TE DIEN
250 ml (1 k) room
1 Meng jelliepoeier en gelatien in bak.
2 Voeg kookwater by en roer tot heeltemal opgelos.
3 Roer koue water by tot gemeng.
4 Plaas in yskas vir 40 minute. Moenie dat jelliemengsel stol nie.
5 Roer aarbeie by en verdeel tussen individuele vormpies wat met koue water uitgespoel is of gebruik een groot vorm.
6 Hou in yskas vir vier uur of oornag tot gestol.
7 Doop vorm net vinnig in warm water, moet dit nie daarin laat staan nie, anders smelt dit.
8 Keer poedings op opdienbord uit.
9 Sit room saam met poedings voor.