Bak betyds beskuit om saam see toe te vat. Hierdie gesondheidbeskuit propvol sade is my gunsteling
80 stukkies
Bestanddele
1 750 ml (945 g) bruismeel
375 ml (320 g) suiker
1 250 ml (5 k) semelontbytvlokkies
180 ml (¾ k) pampoenpitte
60 ml (¼ k) papawersaad
250 ml (1 k) sonneblomsaad
125 ml (½ k) rosyne
5 ml (1 t) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
3 eiers
500 ml (2 k) karringmelk
500 ml (2 k) gesmelte botter
Metode
Voorverhit oond tot 180 °C en smeer ’n 50 cm x 30 cm-oondpan met gesmelte botter.
- Meng bruismeel met suiker, semelontbytvlokkies, sade, rosyne, bakpoeier en sout.
- Klits eiers, karringmelk en gesmelte botter.
- Meng eiermengsel by droë bestanddele totdat deeg vorm.
- Skep deeg in oondpan en druk gelyk.
- Bak vir 40 minute of tot goudbruin en gaar.
- Keer beskuit uit en laat afkoel.
- Sny in vingers en pak op bakplate. Laat oornag uitdroog teen 70 °C met oonddeur op ’n skrefie oop.
Mareli Visser is die wenner van Koekedoor 1,’n realiteitsprogram op KykNET. Sy is ook die skrywer van “UITGERYS” ‘n Afrikaanse resepteboek wat spesialiseer in brood. Sy is die aanbieder van haar eie bakprogram op VIA TV – Die Koektannie. En daarby saam sorg sy ook elke week vir heerlike gebak in Vrouekeur.