Die kinders is terug hok toe. Maak hierdie gesonde plaatkoekies en bêre dit in die vrieskas
Foto Mareli Visser
Volgraanplaatkoekies
12 plaatkoekies
Bestanddele
3 groot eiers
375 ml (1½ k) melk
330 ml (180 g) bruinbroodmeel
160 ml (85 g) koekmeel
7,5 ml (1½ t) bakpoeier
1,25 ml (¼ t) sout
15 ml (1 e) bruinsuiker
Metode
1 Verhit swaarboompan met bietjie olie oor matige hitte.
2 Klits eiers en melk saam.
3 Gooi meel, bakpoeier, sout en bruinsuiker by en meng goed.
4 Skep lepelsvol in pan en wag tot borreltjies vorm. Draai om en braai anderkant ook tot goudbruin.
5 Laat afkoel.
6 Stoor in toeritssakkies in vrieskas. Ontdooi oornag in yskas en verhit vinnig in mikrogolf.
WENK Resep kan verdubbel word vir genoeg voorraad
Mareli Visser is die wenner van Koekedoor 1,’n realiteitsprogram op KykNET. Sy is ook die skrywer van “UITGERYS” ‘n Afrikaanse resepteboek wat spesialiseer in brood. Sy is die aanbieder van haar eie bakprogram op VIA TV – Die Koektannie. En daarby saam sorg sy ook elke week vir heerlike gebak in Vrouekeur.