Jules en Frik se resep vir gesmoorde peperlamsvleis (pulled lamb. Bedien met Zonnebloem Lauréat
BESTANDDELE
2kg skaapboud
Skil en sap van 2 suurlemoene
1 ½ eetlepel olyfolie
½ eetlepel komynsaadjies
½ eetlepel gerookte paprika
150ml wit wyn
4 knoffelhuisies, geskil, maar heel
METODE
1 Voorverhit die oond tot 220 grade Celsius, gas 7. Sit die lam in ’n diep bak en druk die suurlemoensap daaroor uit. Vryf die olyfolie oor die vleis en sprinkel die fyngerasperde suurlemoenskil, komyn en paprika oor en geur met sout en peper.
2 Sit in die oond vir 25 – 30 minute om te verbruin en die vel krakerig te bak. Verlaag die hitte na 160 grade, gas 3. Gooi die wyn oor die lam, bedek met ’n deksel of foelie en bak vir verdere 2 ½ ure.
3 Verwyder van die oond, sit die knoffelhuisies in en om die lam en bak vir ’n verdere uur. Die lam behoort van die been af te val.
4 Haal die lam uit die bak en laat rus eenkant in ’n warm plek. Gooi die vloeistof af en laat in pan tot die helfte wegkook in ’n dik sous. Trek die vleis weg van die been, roer die knoffelhuisies deur en bedien met tortillas en ’n salsa.
NOTA Ons het ’n roker gebruik vir die lam in die foto. Kontak Santa Annas (www.santaannas.co.za) vir meer inligting oor tuisrokers.