Die bekende Ierse sjef Liam Tomlin deel sy resep vir geroosterde tunasosaties met komkommerslaai met ons.
Lees hier meer oor dié man wat van kleinsaf al agter die kookpotte staan.
DEUR Maryke Roberts
6 porsies
Bestanddele
110 ml ryswynasyn
110 ml water
65 g suiker
25 g vars gemmer, geskil en fyngesny
½ brandrissie, gehalveer
knippie sout
klein bossie sprietuie, fyngesny
½ knoffelhuisie, geskil en fyngesny
½ rooi ui, geskil en fyngesny
2 snytjies gepekelde gemmer, fyngesny
½ brandrissie, saadjies verwyder en fyngesny
1 komkommer
6 stokkies suurlemoengras
900 g vars tunafilet
10 ml (2 t) sesamsaadolie
10 ml (2 t) grondboontjieolie
sout en peper
ses wiggies vars lemmetjie
Metode
Maak komkommerslaai ’n uur voor bediening.
1. Sit ryswynasyn, water, suiker, gemmer, brandrissie en sout in swaarboomkastrol en kook oor lae hitte tot suiker opgelos is. Laat afkoel.
2. Meng sprietuie, knoffel, rooi ui, gepekelde gemmer en brandrissie in bak. Druk deur sif en gooi growwe bestanddele in sif weg.
3. Sny albei kante van komkommer af, sny in helfte en sny dan dun skyfies in lengte af, maar gooi dik skil weg. Voeg komkommer by slaaisous en voeg sout by indien nodig. Verkoel tot benodig.
4. Skil buitelaag van suurlemoengras af tot jy ses dun stokkies het.
5. Sny tuna in 18 ewe groot blokkies en ryg drie blokkies per suurlemoengrasstokkie en plaas op skinkbord. Sny buitelaag van suurlemoengras fyn op en gooi oor tuna. Meng twee olies saam en gooi oor tuna, seël met kleefplastiek en verkoel vir agt uur.
6. Haal tuna uit olies, geur met sout en varsgemaalde peper en bedrup met olie van bak. Braai tuna vir twee minute aan elke kant op geriffelde pan. Draai vis teen 90 grade hoek, sodat jy pragtige skewe roostermerke kry. Moenie tuna te lank rooster nie, want dit droog vinnig uit.
7. Skep komkommerslaai in middel van bord, sit tuna bo-op en garneer met lemmetjiewiggies.