Jy kan soetrissies in meer geregte gebruik as wat jy dink en dis boonop vol vitamiene
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
Foto’s ANDREA CALDWELL
6 porsies
bietjie olie
2 rooi uie, gekap
500 ml (2 k) klein tamaties
3 groot rooi soetrissies, ontpit en
grofgekap
3 vars takkies tiemie
sout en peper na smaak
750 ml (3 k) water
2 hoenderaftrekselblokkies
2,5 ml (½ t) droë paprika
Stel oond op 180 °C.
1 Sit uie, tamaties, soetrissies en vars tiemie in oondpan. Sprinkel olie en sout en peper oor.
2 Bak vir 30 minute of tot sag.
3 Verhit water tot kookpunt en roer twee hoenderaftrekselblokkies en paprika daarby. Roer tot hoenderaftrekselblokkies oplos.
4 Verwyder tiemietakkies en skep gebakte tamatie-en-soetrissie-mengsel by hoenderaftreksel in kastrol.
5 Sit deksel op en laat prut vir 30 minute tot groente sag is.
6 Verpulp sop bietjies op ’n slag tot glad.
7 Geur met nog sout en peper indien nodig.
8 Sit sop warm voor.