Die bekroonde sjef Reuben Riffel sê hy hou van kosmaak, maar nie altyd nie. Hy deel sy resep vir geroosterde kwartels met appelkose, kaneel en suurlemoensous met ons.
Hy’s gek na ’n lekker bobotie “met al die trimmings” en malvapoeding, om nie te praat van roosterbrood met grondboontjiebotter en heuning nie!
4 porsies
Bestanddele
4 kwartels, oopgevlek
60 ml (4 e) suurlemoensap
2 knoffelhuisies, fyngekap
5 ml (1 t) fyn kaneel
2,5 ml (½ t) komyn, gerooster en gemaal
60 ml (4 e) olyfolie
APPELKOOS-KANEEL-EN-SUURLEMOEN-SOUS
5 ml (1 t) fyn kaneel
15 ml (1 e) gladde appelkooskonfyt
5 ml (1 t) suurlemoensap
60 ml (4 e) ekstrasuiwer olyfolie
2 knoffelhuisies, fyngekap
60 ml (4 e) granaatpitte
60 ml (4 e) pistasieneute, grofgekap
LEES OOK: Maklike lamskenkels
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Kwartels Vlek heel kwartels oop (butterfly).
- Meng suurlemoensap, knoffel, kaneel, komyn en olyfolie saam om marinade te maak. Vryf kwartels goed met marinade. Laat vir minstens een uur marineer.
- Verhit geriffelde braaipan tot baie warm. Verseël kwartels aan albei kante. Bak dan vir nog agt tot tien minute tot gaar.
- Appelkoos-kaneel-en-suurlemoen-sous Meng kaneel, konfyt, suurlemoensap, olyfolie en knoffel.
- Sit kwartels in geskikte opdienbord en garneer met granaatpitte en pistasieneute.
- Sit sous saam met kwartels voor.