Probeer dié resep van die bekende sjef Sonia Cabano vir geroosterde hoender met dragon en suurlemoen.
Bestanddele
1,5 kg heel skrophoender (free range)
1 suurlemoen, gehalveer
2 t (10 ml) gedroogde dragon
2 e (30 ml) sagte, ongesoute botter
sout en peper na smaak
200 ml droë witwyn of water
1 ongeskilde ui, gehalveer
1 ongeskilde wortel, gewas
1 selderystingel
4 lourierblare
Metode
Voorverhit oond tot 200 ºC
1. Sit hoender, borskant na onder, in ‘n roosterpan. Druk suurlemoensap oor albei kante uit. Druk twee halwes in maaggedeelte van hoender.
2. Maak dragon fyn, roer in botter en smeer oor hoender. Gebruik genoeg sout en peper en gooi wyn of water rondom hoender. Voeg uie, wortel, seldery en lourierblare daarby.
3. Sit pan in middel van oond en rooster vir 40 minute. Draai hitte af na 180 ºC en draai hoender op sy rug. Rooster vir verdere 55 minute tot dit goudbruin is. Laat rus dit vir 15 minute voor jy dit sny.
4. Gebruik pansouse en bring tot kookpunt tot dit dik sous vorm. Geur na smaak en bedien saam met geroosterde hoender.