Maak hierdie naweek ’n spoggerige halloumislaai. Niks sal aan jou panne vaskleef as jy Spray and Cook gebruik nie.
4 porsies
20 minute se voorbereiding
300 g haloumi, in dik skywe, druk droog
100 g (1 pakkie) okkerneute
3 sprietuie, fyngesny
100 g (1 pakkie) droë bosbessies
150 g klein slaaiblaartjies
100 g wilde roket
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
60 ml (¼ k) olyfolie
sap van ½ suurlemoen
- Spuit ‘n groot pan mildelik met SPRAY & COOK en braai die haloumi tot goudbruin en sag. Spuit weer ‘n bietjie SPRAY & COOK in die pan en voeg die okkerneute by. Rooster liggies terwyl jy die pan skud.
- Voeg die sprietuie, bosbessies, blaarslaai en roket in ‘n groot mengbak en meng liggies. Geur dit.
- Meng die olyfolie en suurlemoensap.
- Sit die slaaimengsel versigtig in ‘n opdienbak, sit haloumiskywe bo-op en gooi die olyfoliemengsel oor.
- Sprinkel die okkerneute oor en bedien met ‘n krakerige brood en ekstra suurlemoen indien verkies.