Maak die beste gebruik van die heerlike weer deur die piekniekmandjie met lekkernye te pak en ’n rustige plekkie te soek.
6 porsies
Bestanddele
GROENTE
4 murgpampoentjies, dik skywe gesny
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
1 geel soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
6 klein aartappeltjies, vel verwyder en gaar
MARINADE
90 ml (6 e) olie
5 ml (1 t) suurlemoensap
15 ml (1 e) heuning
2,5 ml (½ t) sojasous
1 knoffelhuisie, gekneus
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
knypie sout en peper
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Groente: Ryg groente op sosatiestokkies.
2. Marinade: Meng bestanddele vir marinade en smeer met kwassie oor groente.
3. Sit in oond vir 30 min. of tot groente gaar is. Draai van tyd tot tyd om en smeer weer van marinade bo-oor.