Botterskorsies is veelsydig en kan soet óf soet aan gesmul word
Foto’s ANDREA CALDWELL
Geroosterde botterskorsieslaai
4 porsies
Bestanddele
1 middelslag-botterskorsie
60 ml (¼ k) gesmelte botter
sout en peper
2,5 ml (½ t) fyn kaneel
knypie fyn komyn
knypie brandrissievlokkies
30 ml (2 e) heuning
100 g (1 pak) jong spinasie- of roketblare
3 sirkels feta, in blokkies gebreek
125 ml (½ k) vars bloubessies
125 ml (½ k) vars frambose
SOUS
30 ml (2 e) ryswynasyn
60 ml (¼ k) olyfolie
2,5 ml (½ t) fyn knoffel
2,5 ml (½ t) gemengde kruie
5 ml (1 t) Dijon-mosterd
Metode
Stel oond op 180 ˚C.
1 Sny botterskorsie in 1,5 cm stukke.
2 Smeer met botter en sprinkel sout, peper, kaneel, komyn, brandrissievlokkies en heuning.
3 Bak botterskorsie vir 40 minute of tot gaar en goudbruin.
4 Pak blare op opdienbord gevolg deur fetablokkies en bessies.
5 Sit afgekoelde geroosterde pampoenskywe bo-op.
6 Sous Meng alles en giet oor slaai.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.