Geroosterde botterskorsie met suikermielies en feta maak ‘n heerlike bykos!
4 porsies
Bestanddele
2 klein botterskorsies
1 ui, gekap
200 g stukkies spek
415 g (1 blik) suikermielies
sout en peper
2 sirkels feta
50 g (½ pakkie) pampoenpitte
Metode
Stel oond op 180 ˚C.
- Sny botterskorsies in helfte en skraap pitte uit. Plaas op gesmeerde bakplaat.
- Verhit bietjie olie en braai ui tot sag. Voeg spek by en braai tot bros. Roer suikermielies by en geur met sout en peper.
- Skep mielie-en-spek-mengsel in helftes van botterskorsies.
- Sprinkel met fetakaas en bak vir 30 minute of tot botterskorsie sag is.
- Rooster pampoensade in droe pan tot goudbruin.
- Bedien met sade en vars kruie bo-op.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.