Bederf jou mense met hierdie heerlike geroosterde biefstuk
4–6 porsies
Bestandele
10 ml (2 t) knoffel, fyngekap
10 ml (2 t) roosmaryn, fyngekap
10 ml (2 t) tiemie, fyngekap
10 ml (2 t) varsgemaalde peper
30 ml (2 e) olie
15 ml (1 e) suurlemoensap
5 ml (1 t) sout
1,5 kg binneboud (topside-biefstuk)
3 wortels, in 2 cm-stukke gesny
1 ui, in agstes gesny
2 stingels seldery, in 2 cm-stukke gesny
2 lourierblare
125 ml (½ k) witwyn
Metode
Stel oond op 140 °C.
- Meng knoffel, kruie, peper, olie en suurlemoensap en sout tot pasta. Smeer biefstuk goed met kruiepasta.
- Plaas groente, lourierblaar en wyn in groot oondskottel met vleis bo-op. Maak toe met foelie. Bak vir 1½–2 uur of tot vleis sag is.
- Lig foelie elke halfuur op en skep van vleissap oor biefstuk. Maak weer toe en plaas terug in oond.
Wenk
As die vleis nog nie mooi bruin bo-op is nie, haal die foelie 20 minute voor opdiening af en rooster dit nog