Gepekelde kerrie-eiers kan tot ’n maand in die yskas vars bly
4 porsies
BESTANDDELE
10 eiers
bietjie olie
1 klein ui, in ringetjies gesny
5 ml (1 t) fyn knoffel
5 ml (1 t) fyn gemmer
30 ml (2 e) kerriepoeier
5 ml (1 t) borrie
5 ml (1 t) rooirissievlokkies
375 ml (1½ k) ryswynasyn
250 ml (1 k) water
45 ml (3 e) bruinsuiker
5 ml (1 t) sout
1 lourierblaar
METODE
1 Kook eiers tot hard.
2 Laat eiers heeltemal in koue water afkoel.
3 Haal doppe af.
4 Verhit olie en braai uie, knoffel en gemmer tot sag.
5 Roer res van speserye by en braai tot geure loskom.
6 Voeg asyn, water, bruinsuiker en sout by en laat kook. Laat heeltemal afkoel.
7 Pak eiers in groot glashouer en gooi vloeistof oor. Sit lourierblaar in.
8 Maak baie goed toe en bêre vir tot ’n maand in yskas.
WENK
Gepekelde eiers is heerlik as ’n ietsie ektra in die kosblik of as ’n peuselhappie
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.