Kersfees is om die draai. Bak Kerskoekies en versier dit met koninklike versiersel om jou huis dié Kerstyd op te vrolik
24 koekies
Bestanddele
600 ml (315 g) koekmeel
10 ml (2 t) gemmer
2,5 ml (½ t) kaneel
2,5 ml (½ t) fyn neutmuskaat
1,25 ml (¼ t) fyn naeltjies
2,5 ml (½ t) sout
120 ml (115 g) botter
80 ml (66 g) sagte bruinsuiker
1 eier
80 ml (1/3 k) melasse
KONINKLIKE VERSIERSEL
1 eierwit
310 ml (165 g) versiersuiker
5 ml water
Metode
Voorverhit oond tot 180 °C en berei twee bakplate voor.
- Sif meel, al die kruie en sout saam.
- Room botter en bruinsuiker tot lig en donsig.
- Voeg eier en melasse by en klop vir 1 minuut.
- Gooi meelmengsel by en meng totdat deeg ’n bal vorm.
- Bedek deeg met kleefplastiek en verkil vir een uur in yskas.
- Rol deeg uit tot ½ cm dik. Druk koekies uit en sit op bakplaat. Steek ’n gaatjie met ’n strooitjie deur.
- Bak vir 12 tot 15 minute tot goudbruin en gaar.
- Koninklike versiersel Klits eierwit en versiersuiker tot styf en glad.
- Voeg water by tot regte konsistensie om mee te spuit.
- Skep dit in spuitsak met nommer 0- spuitpunt en spuit patrone.