72 koekies
Bestanddele
KOEKIES
250 g (½ blok) sagte botter
375 ml (1½ k) strooisuiker
1 eier
5 ml (1 t) vanielje
3 k koekmeel
2,5 ml (½ t) bakpoeier
5 ml (1 t) fyn kaneel
2,5 ml (½ t) fyn gemmer
knypie sout
VERSIERSEL
45 ml (3 e) sagte botter
250 ml (1 k) versiersuiker, gesif
5 ml (1 t) karamelgeursel
Metode
Stel oond op 160 °C.
1. Koekies: Room botter en strooisuiker tot liggeel.
2. Klits eier en vanielje by.
3. Sif koekmeel, bakpoeier, kaneel, gemmer en sout. Roer by bottermengsel tot deeg vorm.
4. Plaas deeg in plastieksakkie en verkoel in yskas vir 1 uur.
5. Rol deeg op meelbestrooide oppervlak uit.
6. Druk met koekiedrukker hartjiekoekies uit en plaas op bakplaat wat met bakpapier gevoer is.
7. Bak vir 12 min of tot goudkleurig.
8. Laat bietjie op bakplate afkoel en laat dan op afkoelrakkie tot heeltemal afgekoel.
9. Versiersel: Room botter tot liggeel. Roer versiersuiker en karamelgeursel by tot smeerbare versiersel.
10. Smeer versiersel tussen twee koekies.