Bedien: 2
Voorbereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 5-10 minute
Bestanddele
10 ml/2 t grondboontjie-olie
½ rooirissie, ontpit en gekerf
1 wortel, geskil en in dun stokkies gesny
½ koppie/100 g brokkoliblommetjies
200 gr wit dwergsampioene, gesny
2 sprietuie, afgerand en gekerf
1 knoffelhuisie, fyngedruk
½ E fyngekapte vars gemmer
150 ml groente-aftreksel
15 ml/1 E ryswynasyn
15 ml/1 E ryswyn
10 ml/2 t laesout-sojasous
10 ml/2 t tamatiepuree
5 ml/1 t mielieblom, met ’n bietjie water tot ’n smeer verwerk
Eiernoedels vir opdiening
Metode
- Verhit die olie in ’n groot braaipan of wok. Voeg die rissies, wortels en brokkoli by sodra die olie warm is en roerbraai vir 2 minute.
- Voeg die sampioene, sprietuie, knoffel en gemmer by en roerbraai verder vir 3-4 minute oor hoë hitte totdat al die groente effens goudbruin is.
- Meng die aftreksel, asyn, wyn, sojasous, tamatiepuree en mielieblom saam. Skink dan die vloeistof bo-oor en bring tot kookpunt. Verwyder van die hitte sodra die sous gekook en verdik het en bedien warm met 4 eetlepels dun eiernoedels.