Groente is gesond én lekker!
4 porsies
Bestanddele
2 wortels
1 eiervrug
3 groot murgpampoentjies
100 g (1 pakkie) klein mielies
sout en peper
MARINADE
160 ml (⅔ k) olyfolie
50 ml (3 e + 1 t) vars suurlemoensap
15 ml (1 e) vars pietersielie, fyngekap
15 ml (1 e) vars basiliekruid, fyngekap
knypie rooirissievlokkies
5 ml (1 t) mosterd
sout en peper
Metode
Stel oond op 180 ˚C.
1 Sny wortels in lang diagonale skywe en sprinkel met bietjie olie, sout en peper. Pak uit op bakplaat en bak vir 30 minute of tot net sag.
2 Sny eiervrug in dun sirkels.
3 Maak lang linte van murgpampoentjie met groenteskiller.
4 Braai eiervrug, murgpampoentjie en mielies op riffelpan tot sag.
5 Marinade Meng alles saam.
6 Gooi groente by marinade en bere in bottels.
WENKE Hoe langer die groente in die marinade lê, hoe lekkerder word dit. Vervang die groente met klein groentetjies
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.