Die bekroonde sjef Quentin Spickernell deel sy resep vir gegeurde soetpatat en makademianeut plaatkoekies hier.
Bestanddele
+/- 1 kg gewaste soetpatats
2 groot eiers
1 k koekmeel
1 k makademianeute (rou of gesout)
½ k grofgesnyde Peppadews
1 bossie koljander
1 t elk van borrie, gemaalde Allspice en kaneel
1/2 t neutmuskaat
1/2 t fyn naeltjies
4 t fyn komyn
3 t fyn koljander
2 t gekraakte koljandersaadjies
4 t matige kerriepoeier
1/2 k gesmelte botter
1/2 k kokosneut pulp
1 t bakpoeier
2 groot eiers
1 k koekmeel
1 k makademianeute (rou of gesout)
½ k grofgesnyde Peppadews
1 bossie koljander
1 t elk van borrie, gemaalde Allspice en kaneel
1/2 t neutmuskaat
1/2 t fyn naeltjies
4 t fyn komyn
3 t fyn koljander
2 t gekraakte koljandersaadjies
4 t matige kerriepoeier
1/2 k gesmelte botter
1/2 k kokosneut pulp
1 t bakpoeier
Lees meer Klik hier om meer oor die sjef agter dié resep te lees
Metode
Stel oond op 180°C
1 Sny die soetpatat in blokke, rol in die kerriepoeier, kokosneut en koljandersaadjies en gooi die botter bo-oor.
2 Bak in oond van 180°C vir ’n halfuur of tot die patat sag is.
3 Gooi in ’n mengbak en maak seker die gesmelte botter is by. Meng tot ’n kapok-vorm en roer die orige bestanddele by.
4 Skep lepelsvol in warm olie of bak op ’n warm plaat met botter. Bedien met soetrissiesous of blatjang. Quentin se resep gaan heel beste met ’n glas Drostdy-Hof Adelpracht 2013.