Maak gefermenterde spruitkool wat tot ’n jaar lank geberg kan word!
4 porsies
BESTANDDELE
300 g (1 pakkie) spruitkool (Brussels sprouts)
1 ℓ (4 k) water
80 ml (1/3 k) sout
1 sprietui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngemaak
15 ml (1 e) gedroogde brandrissies
15 ml (1 e) vissous
2 cm vars gemmer, fyngekap
METODE
1 Meng water en sout.
2 Sny kooltjies in helfte en laat oornag in soutwatermengsel lê.
3 Meng sprietui, knoffel, brandrissie, vissous en gemmer.
4 Dreineer kool en sit in mengbak.
5 Vryf brandrissiemengsel in kooltjies in.
6 Sit in plastiektoeritssakkie en druk lug uit. Laat vir een dag buite yskas staan. Sit daarna in glasbottel in yskas vir tot ’n jaar.
WENK
Dit is ’n variasie van die Koreaanse kimchi. Vervang gerus die spruitkool met Chinese kool. Eet dit as ’n bygereg
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.