Leopard’s Leap stel voor dat jy ‘n glas 2012 Sauvignon Blanc saam met hul resep vir gebraaide steurgarnale met ‘n somersalsa geniet.
Bestanddele
15 ml (1 e) gemmer, fyngerasper
15 ml (1 e) knoffel, fyngekap
15 ml (1 e) fyngekapte rissie
skil van 2 lemmetjies, gerasper
125 ml (½ k) olyfolie
24 steurgarnale, skoongemaak
2 lemmetjies, in skywe gesny
koljander, om te bedien
VIR DIE SALSA
1 avokado
1 rooi ui, fyngekap
¼ pynappel, geskil en gekap
30 ml (2 e) olyfolie
80 ml (1/3 k) grondboontjies, grofgekap
sout en varsgemaalde swartpeper
Metode
- Meng gemmer, knoffel, rissie, skil, olie en steurgarnale in glasbak en laat eenkant vir 1 tot 2 uur om te marineer.
- Kry ‘n vuur gereed met warm tot vuurwarm kole.
- Maak salsa deur al die bestanddele behalwe die grondboontjies saam te meng.
- Wanneer kole gereed is, ryg steurgarnale op kebabstokkies, met lemmetjieskywe tussenin.
- Plaas direk oor kole en smeer marinade oor terwyl dit vir 5 – 7 minute braai, of tot pienk aan albei kante is. Geur na smaak.
- Besprinkel met salsa en grondboontjies en bedien met vars koljander en ‘n glas 2012 Leopard’s Leap Sauvignon Blanc.