Gebraaide sampioene is ‘n heerlike happie om te maak. Bederf jou mense en maak dit vandag nog!
4 porsies
Bestanddele
500 g (2 x 250 g-pakkies) sampioene
Deeg
250 ml (1 k) koekmeel
125 ml (½ k) mielieblom
3 ml bakpoeier
1 ml sout
knypie swartpeper
250 ml (1 k) water
5 00 ml (2 k) gekoopte fyn, droë broodkrummels
750 ml (1 bottel) olie
Sous
250 ml (1 k) mayonnaise
60 ml (4 e) natuurlike jogurt
5 ml (1 t) suurlemoensap
½ ui, fyngekap
1 agurkie, fyngekap
swartpeper na smaak
15 ml (1 e) vars pietersielie, fyngekap
LEES OOK: Spek-sampioen-en-blomkool-pasta
Metode
- Vee sampioene met vadoek skoon.
- Deeg Meng koekmeel, mielieblom, bakpoeier, sout en peper in mengbak.
- Roer water stadig by tot gladde deeg vorm.
- Gooi droë broodkrummels in ander vlak bakkie.
- Verhit genoeg olie in klein, dieperige kastrol.
- Steek sosatiestokkie in sampioen se steeltjie, doop dit in deeg en dan in broodkrummels.
- Braai sampioene tot goudbruin.
- Plaas op kombuispapier om oortollige olie te absorbeer.
- Hou warm in oond tot alles klaar gebraai is.
- Sous Meng bestanddele. Maak dit voor die tyd en hou in yskas tot benodig.
- Sit warm saam met sous voor.