Braai en buitelug is sinoniem met mekaar
• 6 porsies
BESTANDDELE
400 g (1 bottel) heel pikantrissies (mild peppadews)
187 ml (¾ k) mozzarellakaas, fyngerasper
125 g (½ bakkie) roomkaas
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
sout en peper na smaak
OM IN TE ROL
250 ml (1 k) koekmeel
2 eiers, geklits
375 ml (1½ k) droë broodkrummels
genoeg olie vir diepvetbraai
METODE
1 Dreineer pikantrissies in vergiettes en skud sodat pikantrissies so droog moontlik is.
2 Meng mozzarella- en roomkaas, kruie, sout en peper. Skep in pikantrissies se holtes.
3 Om in te rol Plaas koekmeel, eiers en broodkrummels in drie verskillende vlak bakkies.
4 Rol pikantrissies in koekmeel, dan eiers en dan broodkrummels.
5 Verhit olie tot baie warm in klein, dieperige kastrol. Dompel pikantrissies vinnig daarin en braai vir ongeveer 50 tot 60 sekondes. Buitekant moet bruin wees.
6 Sit dadelik voor.