Edmore Ruzoza, nuwe hoof- uitvoerende sjef by The Red Table op Nederburg Landgoed se resep vir gebraaide lamskruisskyf met broccoli en appelslaai
Bestanddele
300 g verouderde lamskruisskyf
sout en peper
1 suurlemoen
vars tiemie, fyngekap
pietersielie, fyngekap
1 t fyn komyn
30 ml olyfolie
10 g gesoute botter
300 g verouderde lamskruisskyf
sout en peper
1 suurlemoen
vars tiemie, fyngekap
pietersielie, fyngekap
1 t fyn komyn
30 ml olyfolie
10 g gesoute botter
Bestanddele vir die slaai
65 g broccolikoppe
30 g rooipeper, in juliennerepies gesny
60 g geroosterde pampoen- en sonneblomsade
½ appel, dun gesny
Metode
1 Geur die lam met sout en peper, druk die suurlemoensap oor die vleis uit en sprinkel komyn oor. Verhit pan tot dit skiet en vryf die vleis met olyfolie. Seël die lam op die vetkant tot goudbruin en seël dan alle kante tot goudbruin. Verwyder en laat rus in ’n oondpan.
2 In die pan waarin die lam gerooster is, verhit die botter en gekapte kruie en braai vir ’n minuut of twee voor jy dit oor die lamsvleis giet.
3 Vir die slaai: stoom die broccoli vir vier minute tot sag en liggroen en laat dan koue water daaroor spoel. Meng dit saam met die ander bestanddele en sprinkel met vars suurlemoensap, olyfolie en balsemiekasyn en varsgemaalde peper en sout.
4 Indien nodig, verwarm die kruisskyf in die oond vir ’n minuut of wat en bedien met die slaai.