Maak ‘n gebraaide hartjie, vir jou hartjie!
4 porsies
hartjiekoekiedrukker (5 cm in deursnee)
8 groot aartappels
5 ml (1 t) sout
750 ml (1 bottel) olie
15 ml (1 e) grasuie, gekap
1 5 ml (1 e) vars pietersielie, gekap
- Maak kastrol halfvol met water. Voeg 5 ml (1 t) sout by water en verhit tot kookpunt.
- Voeg heel aartappels by borrelende water.
- Kook aartappels ongeveer 10 minute tot amper gaar.
- Laat aartappels afkoel tot hanteerbaar. Trek skille af.
- Sny in dik skywe van ongeveer 1,5 cm tot 2 cm.
- Plaas aartappelskywe op plat oppervlak. Druk harte uit gesnyde aartappelskywe.
- Verhit olie en braai aartappels tot goudbruin, ongeveer ses minute.
- Sprinkel grasuie en pietersielie booor.
- Sit warm saam met hoofgereg soos gebraaide beesfilette voor.