Trek die boks vla nader en maak vinnig vlablokkies vir teetyd
Deur MARLO CARSTENS Foto ELMARIE KNAPTON
Bestanddele
25 blokkies
KORS
250 ml (1 k) bruismeel
250 ml (1 k) klapper
125 ml (½ k) strooisuiker
100 g (1/ 5 blok) botter, gesmelt
VLALAAG
3 ekstragroot eiers
90 ml (6 e) mielieblom
7 50 ml langlewevla soos Ultra Mel, Ambrosia of Parmalat
385 g (1 blik) kondensmelk
Maak ook baklava-rolletjies
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Kors Plaas meel, klapper en strooisuiker saam in groot mengbak.
- Roer gesmelte botter by en roer tot krummels aan mekaar vassit.
- Druk deeg met agterkant van lepel op bodem van 25 cm x 25 cm-oondbak vas wat met kossproei gespuit en met bakpapier uitgevoer is.
- Bak kors vir 8 minute. Die kors hoef nie gaar te wees nie. Die kors sal verder bak as vlalaag bo-oor gegiet word en weer terug oond toe gaan.
- Vlalaag Klits eiers tot gemeng en sif mielieblom by. Klits tot mengsel sonder klonte is.
- Roer vla en kondensmelk by eiermengsel tot goed gemeng.
- Giet vlamengsel bo-oor kors en bak vir 45 minute. Die middel sal dalk nog bietjie pap wees, maar sal met afkoelproses stol.
- Verwyder oondbak uit oond en laat eenkant tot gestol.
- Sny in 5 cm x 5 cm-blokkies wanneer heeltemal afgekoel.