Jy hoef nie eers te wonder wat om te maak vir aandete nie, hier is ’n lekker resep vir gebakte vis in room
4 porsies
Bestanddele
600 g (1 pak) visfilette
bietjie olie
2 uie, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
30 ml (2 e) vars pietersielie
10 ml (2 t) Thaise rooikerriepasta
250 ml (1 k) room
knypie sout
45 ml (3 e) vars koljander
LEES OOK: Vinnige jogurtvis
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Pak visfilette in oondbak wat met kossproei gespuit is.
- Verhit bietjie olie en soteer uie en knoffel tot sag. Voeg soetrissie en pietersielie by en soteer vir twee minute. Skep bo-oor visfilette.
- Meng rooikerriepasta en room. Giet bo-oor visfilette.
- Bedek met foelie en bak vir 40 minute. Sprinkel vars koljander bo-oor.
- Sit warm saam met groente voor.