Haal die kopkrap uit aandetes met dié lekker resep
Bestanddele
600 g stokvisfilette
Pikantrissiesous
30 ml (2 e) olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) knoffel, gekap
250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
60 ml (4 e) Peppadew Relish
20 ml (4 t) suurlemoensap
2 handevol vars koljander, gekap
2,5 ml (½ t) sout
Stel oond op 180 °C.
1 Smeer oondbak met botter of spuit met kossproei. Pak stokvis in oondbak.
2 Pikantrissiesous Verhit olie en soteer ui en knoffel tot ui amper sag is. Voeg sampioene by en soteer vir drie minute. Verwyder van hitte.
3 Roer Peppadew Relish, suurlemoensap, vars koljander en sout by.
4 Giet bo-oor vis. Bedek met foelie en bak vir 25 minute.
5 Sit saam met slaai en klein aartappels voor.
Wenk Die vars koljander gee ’n besonderse smaak aan die gereg