Sjef en glanspersoonlikheid, Francois Ferreira se gebakte tamatiehoender uit Koskaskos by Lapa Uitgewers
LEES Ons gesels met Francois Ferreira
• Lewer 4-6 porsies
Bestanddele
6 hoenderborsies
500 g pakkie gemengde botterskorsie- en patatblokkies
400 g bottel Napolitaanse sous
500 g pakkie snoeptamaties
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
’n handvol roketblare, vir garnering
Metode
1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Rangskik die hoender, botterskorsie en patat in ’n enkellaag in ’n oondvaste bak. Giet die Napolitaanse sous oor die hoender en bak vir 40 minute.
2 Verwyder die hoender uit die oond, voeg die tamaties by en bak vir ’n verdere 40 minute. Geur na smaak en garneer met die roketblare.
3 Sit met ’n groenslaai voor.