6 porsies
Bestanddele
1 l (4 k) water
1 blokkie hoenderaftreksel
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
2 uie, in kwarte gesny
6 groot aartappels
250 g (1 pakkie) spek
Sous
55 g (1 pakkie) wituiesoppoeier
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
187 ml (¾ k) kookwater
125 ml (½ k) mayonnaise
250 ml (1 k) blatjang
Metode
Stel oond op 180 °C.
Aartappels
- Verhit water, aftreksel, pietersielie en uie in diep kastrol.
- Voeg aartappels met skil by warm water. Laat kook ongeveer 20 minute of tot jy aartappels kan deursteek. Dreineer.
- Sny ‘n kruis op aartappels en plaas in gesmeerde oondbak van ongeveer 18 cm x 26 cm.
- Braai spek tot gaar. Gooi bietjie water by as spek vloeistof nodig het. Laat afkoel.
- Kap gaar spek fyner en sprinkel oor aartappels.
Sous
- Meng soppoeier, pietersielie en kookwater tot goed gemeng. Roer mayonnaise en blatjang by.
- Skep sous bo-oor aartappels en bak vir 30 minute.
- Sit warm voor.